Soos gewoonlik was die 2015 duiwe wedvlug seisoen vol opwinding en uitdagings vir die duiwe boere sowel as die bestuur van die FBHU. Die wedvlug program was uidagend en het die vermoëns van elke liefhebber sowel as sy duiwe deeglik getoets. So was daar blydskap vir die wie se duiwe in top posisies kon presteer sowel as teleurstellings vir diegene wie se duiwe nie die mas kon opkom nie. Vir hulle wat sukses kon smaak en beloon was met ʼn prys was dit seersekerlik  goeie beloning vir ʼn seisoen vol opofferinge en toewyding.

Wel, die finale episode van die 2015 wedvlug seisoen, die prysuitdeling het aangebreek,  wat ʼn voorreg was dit om deel daaraan te hê. Innige dank aan Reyaad Najaar, hoof van Spine Road Hoër, een van die top skole in ons provinsie, vir sy bereidwilligheid om sy pragtige en ruim skoolsaal tot beskikking  van die Board te stel vir een van die belangrike items op ons kalender.Asemrowend, fantasties en uitmuntend kan  regtig nie beskryf op watter treffende manier hierdie sier aangeleentheid aangebied was nie. Die Federated Board het hulself oortref in die voorbereiding en beplanning van hierdie spog geleentheid, nie net vir die wenners van die verskillende kompetisies nie maar ook as advertensie vir hierdie wonderlike en edel sport. Soos die gaste opgedaag het was daar ʼn gevoel van afwagting en die atmosfeer aangenaam en ontspanne.

Met die aanvang van die aand se verrigtinge het die seremonie meester, Dexter Fisher, wie hom goed van sy taak gekwyt het, heel gepas ʼn oomblik van stilte aangekondig ter nagedagtenis aan lede wat deur die loop van die jaar aan die dood afgestaan was. Lourens Le Roux, voorsitter van die Federated Board, het die gaste hartelik verwelkom en almal bedank vir hul opkoms. Ook het hy die spesiale gaste; Fadiel Hendricks (voorsitter SANPO), Saville Penkin(voorsitterWP), Karl Schwormstedt(WP Transport Association), Chris Baard en vrou(Werda Cargo) en Erwin Wallendorf(ondervoorsitter Western Cape Racing Pgeon Federation) hartelik uitgenooi om saam met al die ander gaste te geniet wat opgedis was. ʼn Woord van dank aan die spyseniers vir die top gehalte geregte wat aangebied was en vir die manjefieke manier waarop die décor behartig was. Wel wat is ʼn spog geleentheid soos hierdie sonder musiek. Lauren Erasmus en die Richards familie, die gas kunstenaaars vir die aand het items gelewer wat ongetwyfeld bygedra het tot die reuse sukses van ʼn prysuitdeling wat nog lank onthou sal word. Die voorsitter van SANPO het in sy toespraak melding gemaak van die gesprek tussen die SPCA en die regering oor die wan indrukke aangaande die duiwe sport en die daadwerklike optrede van ons Nasionale beheer liggaam wanneer nodig. Net deur dit te noem het die versekering weergee dat ons sport in goeie hande is ter bewaring van die geslagte vorentoe.

Aan die bestuur van ons organisasie, wel gedaan vir ʼn suksesvolle seisoen afgesluit met hierdie spog aand. Veels geluk aan al die wenners in die verskillende kompetisies en vir die FEDERATED BOARD OF HOMING UNIONS voorspoed vorentoe, ons is terdeë bewus van jul visie en jul pogings om hierdie sport te bevorder in ons gemeenskap.