Unie en Fed besture:
SANPO NUUS
17 Desember 2015
Die SANPO President en die Raad wens al ons lede en hul gesinne ‘n baie Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2016 toe.
- NB/NB/NB/NB/NB
ALLE UNIE en FEDERASIE BESTURE: STUUR ASB DIE BESONDERHEDE VAN U VOORRAAD BEAMPTE NA DIE SANPO TESOURIER EN SANPO VOORRAAD BEAMPTE.
HULLE BENODIG DIE VOLGENDE:
- Naam en van
- Kontak nommer
- E pos
- Bewys van betaling van voorraad.
Die wat dit nog nie gestuur het nie.
Die voorraad is reeds afgelewer en Janet is tans besig met die versending na die onderskeie organisasies.
Nuwe Tesourier : Gerhard Schack – 082 788 5149- ge*****@el**.za
Nuwe Voorraad beampte: Janet Dorling – 082 665 3676 – tw*******@gm***.com
SANPO RAADSLEDE: STUUR DIE VERSOEK NA U ONDERSKEIE ORGANISASIES ASB. (Net om dubbel seker te maak almal kry die versoek)
- Alle lede moet die huidige uitgawe van die “WEG”aankoop. Daar is ‘n baie besonderse artikel oor ons geliefde sport in die tydskrif. Groot dankie aan Raadslid Bennie Wiggins wat die afgelope twee jaar aan die artikel gewerk het.
- Radio gesprek. Die week gaan die SANPO President, Fadiel Hendricks die laaste radio gesprek vir die jaar behartig.Die volgende duiwe praatjie sal eers op 15 Januarie 2016 plaasvind.
- Radio gesprek kan geluister word tussen 05:30 en 06:00 Vrydag oggende. Radio Pretoria sowel as in “streaming” en DSTV 887 WERELDWYD.
- Raadsvergadering terugvoer: Ek sal oor ‘n kort opsomming van die besprekings / besluite wat tydens die vergadering in Durban plaasgevind / geneem is dvm SANPO NUUS uitstuur. Die formele terugvoer sal egter steeds deur die onderskeie SANPO Raadslede gegee word aan hul onderskeie organisasies.Ek werk tans aan die notule van die Raadsvergadering.
- Ek het toestemming van die raad verkry om die 80 + sertifikate na die sluitings datum na die lede te stuur nie eers tydens die gala aand nie. Meer inligting sal volg. Die sertifikate moet deur die president onderteken word.
- Meriete aansoeke het gesluit. Wenners sal op 22 Januarie 2016 aangekondig word.
- Onthou asb die SANPO ALGEMENE JAARVERGADERING sal volgende jaar in Pretoria plaasvind.
Die datum: 12 Maart 2016. Die “gala” geleeentheid sal die aand van die 12 de plaasvind. Ons hoop werklik dat baie van ons duiweboere die geleendheid sal bywoon.
Raadsvergadering: 11 Maart 2016 (09:00)Slegs SANPO raadslede.
Algemene Jaarvergadering: 12 Maart 2016 (10:00)Alle ingeskrewe SANPO lede.
Gala funksie : 12 Maart 2016 (19:00). Almal welkom. RSVP en kostes sal bekend gemaak word.
Verskeie ander items word beplan soos bv. Uitstallings, ‘n veiling en verskeie sprekers.
Die reëlings en kontak persone se besonderhede sal ook spoedig versprei word.
Recent Comments